Tuis-Home
Op-Up

 

Wat is fout met Valentynsdag?

Waar kom Valentynsdag vandaan?

Valentynsdag ... Ongeveer 300 jaar voor ons Messias het die Romeine ‘n fees genaamd Lupercalia, gevier. Hierdie fees word terug gevoer tot sover as Romulus en Remus wat deur wolwe in ‘n grot gesoog is. Dit was klaarblyklik iets soos Lupercal genoem en het die middelpunt van Rome en die Romeinse ryk geword.

Hierdie fees is gevier om die idole (gode) Lupercus en Faunus te vereer – seksuele en vrugbaarheid asook beskerming van die kuddes teen die wolwe. In Grieks was hulle ook bekend as Juno en Pan. Lupercalia is gevier op 15 Februarie en was in die vroeë lente. Die kalender was effe anders gedurende die tyd.

Tydens die fees is jong meisies (dalk ook ander getroude vrouens) se name op stukkies papier geskryf en in ‘n houer gegooi, en is daar deur elke jong man (getroud of ongetroud) ‘n naam getrek. Die persoon wie se naam hy dan trek sou sy seksuele metgesel wees vir die daaropvolgende jaar.

Van die rituele het verder ingesluit bokoffers waarvan die velle in repies gesny is om swepe mee te maak. Die is dan gebruik om die vrouens mee te slaan. Saam met dit is ‘n hond ook as reinigingsoffer gebring.

Hierdie fees het hand-aan-hand gegaan met ‘n ander fees Februasio. Februasio is ook gevier met dieselfde offerandes en was moontlik dieselfde fees en het ook gegaan oor reiniging. Hierdie fees is later (496 nM) by die Roomse kerk ingeneem as die Reinigingsfees.

Volgens meeste bronne is hierdie fees vir ongeveer 800 jaar lank gevier voordat dit teen 496 nM verchristelik is deur die Roomse Kerk. As ons egter na die skrywe van Alexander Hislop kyk in “The Two Babylons”, kan ons sien dat Semiramis die moeder is van alle idole (gode) en ook van Tammuz. Nimrod weer is Tammuz. Hierdie fees kan dus inderwaarheid teruggevoer word tot by die aanbidding van Semiramis en Nimrod-Tammuz en dus die begin van Sonaanbidding in Babel (Babilon).

Is dit dan werklik so erg? Uiteraard ja! JHWH dui baie duidelik aan in Shemot (Exodus) 20 vers 3 dat ons GEEN ander ‘gode’ voor Hom sal hê nie. Semiramis staan bekend as die koningin van die hemel. Tammuz is haar kind wat weer lewendig geword het. Lupercus, Faunus, Juno, Pan of watter ander name daar ook toegevoeg kan word, dit alles bly en is idole (afgode).

JHWH gaan voort in vers 4 tot 5 t.o.v. enige gesnede beeld en om jou nie daarvoor neer te buig nie. Hy dui ook aan dat diesulkes gestraf sal word, want Hy, JHWH, is ‘n jaloerse Elohim en Hy sal straf tot in die derde en vierde geslag van die wat Hom haat. Dit beteken van die wat Sy gebooie nie onderhou nie. Jahushua bevestig in Johanan (Johannes) 14 vers 15 dat as ons Hom liefhet sal ons Sy gebooie bewaar. Shemot (Exodus) 20 vers 6 bring vir ons die wonderlike belofte van seën aan duisende wanneer ons Hom liefhet en Sy gebooie bewaar.

Verder is hierdie fees gekoppel aan seksuele losbandigheid en wellustigheid. Die geskiedenis self dui aan dat toe die Roomse Kerk die fees verchristelik het, het dit nie baie goed by die bevolking afgegaan nie en hulle was gou terug op die oorspronklike wellustige rituele.

Kupido (Eros) word ook nog verder aan hierdie fees gekoppel. Hy is ook bekend as die magtige (god of eloah) van wellustige seksuele passie. Galasiërs 5 vers 16 tot 21 waarsku ons teen die begeerlikhede van die vlees, naamlik: owerspel, hoerery, onreinheid (onkuise verhoudings), ongebondenheid (ook onkuise verhoudings, soos saamwoon hier en saamwoon daar). Dit is presies wat met hierdie fees geassoiëer is.

Wanneer ons na Jisra’el (Israel) se geskiedenis kyk en sien hoe Vader JHWH hulle keer op keer gestraf het wanneer hulle in idolatrie (afgodediens) verval het is dit te verstane dat ons wêreld in die toestand is wat dit vandag is. Dit is die een heidense fees na die ander. Die nuwe baadjies wat aangetrek is maak nie werklik ‘n verskil nie. Dit maak dit net gevaarliker. Elohim (verkeerdelik bekend as God) roep ons elkeen: Vlug uit Babel. (Sien Jirmejahu/Jeremia 50:8 en 51:6 en Openbaring 18:4). Hierdie is nie net aan Jisra’el van ouds gesê nie, maar aan ELKE gelowige van vandag wat nog vasgevang is in die duisternis en bande van die tweede Babel (Babilon) – die Roomse Kerk!

Kan ons dan Valentynsdag vier? Die antwoord is onomwonde, NEE! Dan aanbid ons Babilon se idole (gode). Kan jy ‘n sianiedpilletjie neem met ’n suiker omhulsel en glo dit is veilig? Allermins! Net so min kan ‘n heidense, seksuele fees met ‘n ander baadjie goed vir jou wees. Dit is net so dodelik! Nee, dit is erger! Jy kan kan dalk die ewigheid mis!

Mag ons Vader JHWH deur Sy Gees en die verdienste van Sy Seun Jahushua ook jou oortuig en vir Hom afsonder.

Omein

Bronne:

 
  • Die Afrikaanse Bybel 1933/1953 / Die Skrifte (Onvoltooid)
 
 
  • Encyclopaedia Britannica 1910
 
 
 
 
 
 
 

Hit Counter


Kopiereg / Copyright  © 2002 - 2010

 Masada (Ware Verbond / True Covenant)

 Gaan uit haar uit / Come out of her

Keer terug na Tora / Return to Torah

Alle regte voorbehou / All rights reserved
Hersien/Revised: 17-08-2010

Werf Kaart / Site Map

gaan uit haar uit my volk,come out of her my people

Web space provided by Afrisys voorsien die Webruimte