|
|
Die Naam van die seunIn ʼn
ander leerstuk word die Naam van Jahweh hanteer. Daar word gewys hoe ons Skepper
Elohim Homself as JHWH bekendgestel het en hoe dit deur die jare verlore geraak
het. Die vraag wat nou gevra word is die van hom wat gestuur is deur JHWH om die
naderende Koninkryk van JHWH aan te kondig. Is Sy Naam regtig "Jesus" of
"Christus" of "Jesus Christus"? Ja, dit mag kontensieus wees, maar dit is
noodsaaklik. Gedurende
die eerste eeu na Messias en later is byna al die profete se name soos dit
oorgeskryf is in Grieks nie net getranslitereer nie maar ook tot ʼn meerdere
mate gehelleniseer. Dus is nie net ‘n Griekse spelwyse gebruik nie maar het
dit ook Griekse kultuur bygekry. ʼn Goeie voorbeeld hiervan is die naam van
Elisa. In werklikheid behoort dit EliShuah geskryf te word. Die betekenis:
Elohim
(El of Elohim) is my Verlosser. In Grieks is dit Eliseus of Eli’Zeus geskryf!
Wat ʼn verskil, skielik sê dit: My god is Zeus! Die Songod! Wat ʼn gruwel
voor ons Skepper Elohim. Dieselfde
het met Elia (EliJah
of Elijahu) en J’shua (Jehoshua) gebeur. Elia het sommer Helias
geword en is so naby dat dit baie met die Sonafgod/idool Helios ‘verwar’ is.
J’shua beteken Jah (Jahweh is my Verlosser). Wat egter gebeur het, is dat dit
deur die jare deur die Grieke en Romeine wat van die heidense geloof oorgekom
het en soms ook gedwing is, verander na J’Zeus. Dit word op sy beurt weer
Jesus. Kan jy raai wat dit beteken? Jah is Zeus! As dit nie lasterlik
is nie, wat is? Daar
was veral twee redes hoekom die name vervang, misvorm of vermom is: Eerstens
het die Jode ʼn totaal on-Skriftuurlike idee gehad dat die Vader se Naam JHWH
(Jahuweh) nie geuiter mag word nie. Dit was na aanleiding van die derde gebod.
Derhalwe is die Naam vermom. Die seun, wat ʼn soortgelyke Naam as die Vader het,
se Naam het dus ook daar onder gelei. “Ek het gekom in die Naam van die
Vader,...” (Joh 5:43). Tweedens
was daar ʼn baie sterk anti-Semitiese gevoel onder die meeste heidene van
Europa en Asië en oor die algemeen ʼn sterk gevoel van anti-Judaïsme onder alle heidene. Almal was gretig vir ʼn Verlosser, solank hy
nie ʼn Jahudi (Jood) was nie! Die Jahudim (Jode) was gehaat, sowel as hul Elohim, Jahweh. Dus was
ʼn Verlosser met ʼn Griekse naam die antwoord. Die naam is Iesous in
Grieks en word na Latyn geneem in die word Iesus.
Die probleem egter met
Iesous is dat dit nie net ʼn verkeerde transliterasie[i]
is nie, maar moontlik ook sy afkoms het van die Griekse godin van genesing Ieso[ii].
Dit neem nie werklik ʼn kundige om te sien dat daar nie enige ooreenkoms
tussen Jahushua of J’shua en Iesous is nie. As ons teruggaan na die vers in
Johannes waar J’shua praat:
“Ek het gekom in die Naam van
die Vader, en julle neem My nie aan nie. As ʼn ander in sy eie naam kom, sal julle hom aanneem.”
(Joh 5:43). Daar is nog ander moontlike verklarings of verbintenisse. Die feit is egter dat al hierdie vreemde name nie enige lof of eer aan ons Verlosser J’shua bring nie, maar eerder die Songod besing. ʼn Slinkse slim set van die maghebber (tydelik) van hierdie wêreld. 'n Verdere moontlikheid wat oorweeg moet word, is: "Wat is die 'ander' se 'eie' naam wat J'shua na verwys?" Is dit nie dalk die verdraaide naam Jesus Christus wat Satan vir homself kom uitsoek het nie? Daar is heelwat addisionele leesstof beskikbaar by verskeie van die skakels op die blad asook in “The Two Babylons” IHS (Griekse vorms van IES)[iii]. Addisionele Inligting Beskikbaar:Kom uit Haar uit, My volk / Come out of her, My people - CJ Koster Fossilized Customs - Lew White [i] Transliterasie – die wetenskap én kuns om woorde uit een alphabet oor te skryf na ‘n ander. [ii] Ieso is die Ioniese dialek spelvorm van die gewone Griekse spelvorm Iaso. [iii] Die Griekse letter ‘e’ se hoofletter is ‘H’ |
|