|
|
Die rol van Jahushua
Die vraag oor
Jahushua is ʼn vraag wat my reeds ʼn geruime tyd gepla het. Met die besef dat daar
nie die sonaanbidding se drie-eenheid of twee-eenheid is nie is die vrae baie
duidelik:
1.
Wie
en of/wat is Jahushua wat deur sommige as die Messias voorgestel word?
2.
Waar
moet hy dan inpas?
2.
Hy was slegs ʼn profeet en ʼn mens
soos elkeen van sy tydgenote. 24 So sê יהוה, jou Verlosser, en Hy wat jou gevorm het van die moederskoot af: “Ek is יהוה wat alles doen, wat alleen die hemel uitspan, en wat die aarde uitsprei sonder iemand by My, 25 wat die tekens van die leuenaars vernietig en die waarsêers mal maak, wat die wyse agteruit laat wyk en hulle kennis dwaasheid maak, 26 wat die woord van Sy dienaar bevestig en die raad van Sy boodskappers voltooi, wat van Jarushalajim sê: “Word bewoon,” en van die stede van Jahuda: “Hulle sal herbou word, en Ek sal sy puinhope oprig,’ 27 wat vir die diepte sê: ‘Verdroog! en jou riviere sal Ek laat verdroog,’ 28 wat van Koresh sê: ‘Hy is My herder, en hy sal alles voltooi wat My behaag en aan Jarushalajim sê: “Dit moet gebou word,” en aan die tempel, “Die fondamente moet gelê word.”’ Jeshajahu 47:4 4 “Ons Verlosser, Sy Naam is יהוה van die leërskare, die Afgesonderde van Jisra’ěl. Jeshajahu
48:17-20 17 So sê יהוה, jou Verlosser, die Afgesonderde van Jisra’ěl: “Ek is יהוה jou Elohim, wat jou leer wat voordelig is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan. 18 “Het jy maar na My gebooie geluister het, dan sou jou vrede gewees het soos ʼn rivier en jou geregtigheid soos die golwe van die see. 19 “En jou saad sou soos die sand gewees het, en die wat uit jou liggaam voortkom, soos die korreltjies daarvan. Sy naam sou nie afgesny of verdelg word voor My nie! 20 “Gaan uit Baḇel! Vlug van die Kasdim! Verkondig met jubelende stem, laat dit hoor, stuur dit uit tot by die einde van die aarde! Sê: ‘יהוה het Sy dienaar Jaäkoḇ verlos!’” Jeshajahu 49:7 7 So sê יהוה, die Verlosser van Jisra’ěl, sy Afgesonderde, aan die diep veragte, aan hom wat ʼn afsku is by die volk, ʼn dienaar van die regeerders: “Konings sal dit sien en opstaan, vorste sal hulle sal hul ook neerbuig ter wille van יהוה wat getrou is, van die Afgesonderde van Jisra’ěl. En Hy het u gekies.” Jeshajahu
49:26 26 “En Ek sal jou verdrukkers hulle eie vleis laat eet, en van hulle eie bloed sal hulle dronk word soos van mos. Dan sal alle vleis weet dat Ek, יהוה, jou Redder en jou Verlosser is, die Magtige van Jaäkoḇ.” 5 “Want jou Maker is jou Man, יהוה van die leërskare is Sy Naam, en die Afgesonderde van Jisra’ěl is jou Verlosser. Hy word die Elohim van die hele aarde genoem. 6 “Want יהוה het jou soos ʼn vrou verlate en bedroef in gees geroep, soos ʼn vrou uit die jeugtyd toe sy verag was,” sê jou Elohim. 7 “Vir ʼn klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferming sal Ek jou vergader. 8 “In ʼn uitstorting van toorn het Ek vir ʼn oomblik My gesig vir jou verberg, maar met ewige goedheid ontferm Ek My oor jou,” sê יהוה, jou Verlosser. Jeshajahu
63:16-17 16 Want U is ons Vader, selfs al weet Aḇraham nie van ons nie, en herken Jisra’ěl ons nie. U, יהוה, is ons Vader, ons Verlosser – U Naam is van ouds af. 17 יהוה, waarom laat U ons wegdwaal van U weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van U dienaars, die stamme van U erfdeel! Jirmejahu
50:33-36 33 So
sê
יהוה
van die leërskare: “Die kinders van Jisra’ěl was verdruk saam met die kinders
van Jahuda. En almal wat hulle in ballingskap weggevoer het, het hulle vas
gehou. Hulle het geweier om hulle te laat gaan. 34 “Hulle
Verlosser is sterk,
יהוה
van die leërskare is Sy Naam. Hy sal hulle saak sterk verdedig, om die land rus
te gee en onrus vir die die inwoners van Baḇel. 35 “ʼn
Swaard is oor die Kasdim,” sê
יהוה,
“en oor die inwoners van Baḇel en oor haar leiers en oor haar wyse mans! 36 “ʼn
Swaard is oor die leuenaars, en hulle sal dwaas word! ʼn Swaard is oor haar
helde, en hulle sal gebreek word! Die aanhaling
hierbo is seker genoeg al kan daar nog bygevoeg word. Die boodskap is STERK en
DUIDELIK dat JHWH en Hy alleen die Verlosser is en NIEMAND anders. Hy gebruik
wel van tyd tot tyd mense om daardie verlossingswerk te doen en daardie mense
roep Hy en Hy plaas ʼn las en verpligting op die wat Hy geroep het om ʼn boodskap
te bring om verlossing te bewerk soos wat ons keer op keer in die Boek van
Shof’tim lees. Die mense wat Hy aanstel is nie op verhewe platvorms geplaas nie!
Hulle is nie aanbid nie! Hulle is nie aan JHWH of Elohim gelyk gestel nie! JHWH stel
Homself op die voorgrond en sê duidelik dat Hy Sy aansien (Sy Grootheid) met
NIEMAND deel nie. Jeshajahu 42:8 8 “Ek is יהוה, dit is My Naam, en My aansien sal Ek aan geen ander gee, of My lof aan die idole nie. 12 “Ek het verkondig en verlos en dit laat hoor, en daar was geen vreemde eloah tussen julle nie. En julle is My getuies,” sê יהוה, en Ek Ěl. 13 “Ook voor vandag is Ek Hy, en niemand red uit My hand nie. Ek werk, en wie kan dit omkeer?” 14 So sê יהוה, jou Verlosser, die Afgesonderde van Jisra’ěl: “Om julle ontwil sal Ek na Baḇel stuur, en Ek sal hulle almal as vlugtelinge verdruk, selfs die Kasdim, wat oor hulle skepe gejuig het. Jeshajahu
45:4-7 4 ‘Ter wille van Jaäkoḇ, My dienaar, en Jisra’ěl, My verkorene, roep Ek jou by jou naam, Ek gee jou ʼn naam, hoewel jy My nie geken het nie. 5 ‘Ek is יהוה, en daar is geen ander nie – naas My is daar geen Elohim nie. Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, 6 sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie. Ek is יהוה, en daar is geen ander nie, 7 wat die lig vorm en die duisternis skep, die vrede bewerk en die teëspoed skep. Ek, יהוה, doen dit alles.’ Jeshajahu
45:18 18 Want so sê יהוה, wat die hemele geskep het, Hy is Elohim, wat die aarde gevorm en dit gemaak het, Hy het dit bevestig, Hy het dit nie geskep om woes te wees nie, maar dit gevorm om bewoon te word: “Ek is יהוה, en daar is geen ander nie. Jeshajahu
45:21-24 21 “Verkondig en bring nader, ja, laat hulle saam raad hou. Wie het dit van ouds af vertel? Lank tevore dit verkondig? Is dit nie Ek, יהוה, nie? En buiten My is daar geen ander elohim nie, ʼn regverdige Ěl en Verlosser, daar is geen naas My nie. 22 “Draai na My en word gered, alle eindes van die aarde! Want Ek is Ěl, en daar is geen ander nie. 23 “Ek het by Myself gesweer, ʼn woord het uit My mond gegaan in geregtigheid en sal nie herroep word nie, sodat voor My elke knie sal buig, elke tong sal sweer. 24 “Hulle sal sê: ‘Alleen in יהוה het ek geregtigheid en krag.’ Na Hom sal hulle kom. En almal sal beskaamd staan wat op Hom toornig is. Jeshajahu
46:3-10 3 “Luister na My, huis van Jaäkoḇ en die hele oorblyfsel van die huis van Jisra’ěl, wat gedra is van die moederskoot af, opgelig is van geboorte af: 4 en tot die ouderdom toe is Ek Hy, ja, tot die grysheid toe dra Ek! Ek het dit gedoen, en Ek lig julle op, en Ék dra en red. 5 “Met wie wil julle My vergelyk en My net so maak en My gelykstel, dat ons eenders kan wees? 6 “Hulle skud goud uit die geldsak en silwer weeg met die weegskaal af. Hulle huur ʼn goudsmid, en hy maak ʼn ěl daarvan. Hulle kniel neer, hulle buig ook. 7 “Hulle lig hom op die skouer, hulle dra hom en sit hom op sy plek neer. Daar staan hy! Van sy plek beweeg hy nie. Selfs al roep iemand hom, antwoord hy nie. Hy verlos hom nie uit sy benoudheid nie. 8 “Onthou dit en wees mans, draai terug julle harte, afvalliges! 9 “Onthou die dinge wat tevore was, van ouds af, want Ek is Ěl, en daar is geen ander nie, Elohim, en daar is niemand soos Ek nie, 10 wat van die begin af die einde ver-kondig, en van ouds af wat nog nie gedoen is nie, wat sê: ‘My raad sal bestaan, en alles wat My behaag, sal Ek doen,’ Jeshajahu 48:3
en 11 3 “Die vorige dinge het Ek lankal verkondig, en uit My mond het dit gegaan, en Ek het dit laat hoor. Ek het dit skielik gedoen, en dit het gebeur. ... 11 “Om My ontwil, om My ontwil doen Ek dit. Want ag, hoe is dit geskend? En Ek gee My aansien aan geen ander nie. Om tyd (en
plek) te bespaar sal ek die verdere Skrif aanhalings nie neerskryf nie maar aan
elkeen oorlaat om self verder ʼn studie te doen. Hierdie is maar slegs uit die
Boek Jeshajahu (en nie alles nie) en sluit nie ander boeke in nie. Ons kan
duidelik sien dat JHWH onder GÉÉN omstandighede bereid is om Sy aansien te deel
nie. Hy is nie bereid om ʼn tweede of derde persoon toe te laat om te deel in Sy
aansien en Sy grootheid nie. JHWH is die een wat verlos, JHWH is die enigste en
JHWH is ÉÉN! D’ḇarim 6:4 4 “Hoor, Jisra’ěl, יהוה ons Elohim, יהוה is een! Daar is
verskeie mense wat sal wil argumenteer dat die Hebreeuse woord (
אחד
) wat met EEN vertaal word hier ook eenheid kan beteken. Die primêre betekenis
is egter een en buiten dit het ons uit die mond van JHWH deur Sy profete die
onteenseglike verklaring dat Hy een en uniek is, daar is nie nog één nie, daar
is nie ʼn ander wat by JHWH gevoeg moet word om Hom ʼn eenheid te maak nie. JHWH
is UNIEK daar is géén ander soos Hy nie! Uit die
verskeie Skrifaanhalings soos hierbo gegee is dit vir my uiters duidelik dat
Jahushua nie kan wees wat die kerk en andere van hom wil maak nie. Dat hy geleef
het as mens en hoogswaarskynlik ʼn verdere profeet van JHWH wat gestuur is om
mense te roep om na Hom (JHWH) terug te keer, betwyfel ek nie. Dat hy daarna
deur sommiges van sy volgelinge en daarna deur Konstantyn en die Kerk gebruik is
om hul eie ryk te skep betwyfel ek ook nie. Op my twee
moontlikhede wie of wat Jahushua is kan ek dus nou die gevolgtrekking maak dat
Jahushua nie JHWH of die Verlosser is nie want JHWH self is die Verlosser en Hy
is Uniek en daar is géén ander nie. Die vraag nou
of Jahushua die Messias is dan ook duidelik om te antwoord. Hy mag ʼn messias
wees soos wat elke profeet, priester en koning ʼn messias is. Hoekom maak ek so ʼn
stelling? Wel, dis redelik maklik om te antwoord: messias beteken eenvoudig
“gesalfde” en elkeen van die mense hierbo genoem was gewoonlik vir sy taak
gesalf. Om die
waarheid te sê, die enigste plek in die hele Boek van Jeshajahu word daar net
eenkeer na ʼn messias van JHWH verwys en dit is na Koresh in Jeshajahu 45:1
(“So sê
יהוה
aan Sy gesalfde, aan Koresh,...) Dit is verbasend, want Jeshajahu is
een van die boeke wat die meeste aangehaal word om te bewys dat Jahushua Die
Messias is.
Sonder om in diepte op die christelike
geskrifte in te gaan is dit duidelik dat Jahushua nooit homself met JHWH probeer
gelykstel in die eerste drie evangelies nie. Hierdie drie is ook tot ʼn meerdere
mate ooreenstemmend met mekaar in meeste van die aanhalings. Die aanhalings van
Jahushua is egter nie altyd sonder vraagteken nie en dit kom voor per
geleentheid of hy in stryd is met Torah. ʼn Voorbeeld hiervan is die kwessie oor
ʼn oog vir ʼn oog en ʼn tand vir ʼn tand waar Jahushua se stelling lynreg teen Torah
is wat restitusie gee. Met ander weer blyk dit op dieper insig soos met die
geval van die kyk na ʼn (getroude) vrou met begeerte na haar waar die persoon
reeds egbreuk gepleeg het. Dit is dus
redelik duidelik dat elke woord in die christelike geskrifte gelees moet word
met ʼn sterk onderskraging en kennis van Torah. Daarsonder sal elke leser in ʼn
diep gat val wat baie moeilik is om uit te kom. Die vierde
evangelie is in soveel plekke strydig met Tanakh dat dit moeilik is om te glo
dat dit dieselfde persoon is waarvan geskryf word. Dis nog moeiliker om te
verstaan hoe ‘n ondersteuner van die boek Johannan
enigsins die Torah en Tanakh kan aanvaar. Daar is soveel teenstellings.
In die Tanakh is daar SLEGS ÉÉN voorvereiste om gered te word: Keer terug na
JHWH Om terug te
keer na JHWH beteken eenvoudig om Sy Torah (onderrig) en Sy gebooie te aanvaar
en te doen. Dit beteken om aan Hom ALLEEN gehoorsaam te wees (en dit sluit onder
andere in aan jou ouers, regering en ander gesag bokant jou binne die perke wat
die Torah stel). Na aanleiding
van die evangelies met hul foute in is dit duidelik dat Jahushua die pad geloop
het soos deur JHWH daar gestel en dat hy sy volgelinge geleer het om JHWH te
dien en volg. Is daar dus ʼn verwerping van Jahushua as die Messias? Ja. Is daar
verwerping as dat Jahushua ʼn gestuurde en profeet van JHWH was? Beslis nie. JHWH sê keer
op keer: “Keer terug na My!” Nooit sê Hy: “Glo in ‘n verlosser wat homself met
My gelykstel,” nie. Nêrens word daar van Sy volk vereis om na iemand anders te
draai as Verlosser nie. Wat betref die
profesieë aangaande gesalfdes (messiasse) en verlossers is daar verskeie ander
boeke wat gelees kan word, onder andere Restoring Abrahamic Faith deur
James Tabor. Die kort deel is dat volgens al die profesieë wat dui op messiasse
en die profesieë oor die lydende dienaar, is daar geen aanduiding dat dit wat op
Jahushua toegepas kan word nie tensy die Woorde van JHWH gedraai, verdraai en
aangepas word om daarby te pas nie. Eerstens is
dit so duidelik soos daglig dat die één messias ook bekend Ben Dawid (seun van
Dawid) sal kom om die volk – die hele Jisra’ěl te verenig en terug te bring na
die land en dit het NIEMAND van ons nog gesien nie. Dit is allermins wat
Jahushua gedoen het. Dit is duidelik uit JHWH se woorde aan Dawid, dat Dawid se
koninkryk vir ewig sal staan, hoe JHWH dit ook al sal doen. 2 Sh’mu’el
7:12-16 12 “Wanneer
jou dae vol is en jy met jou vaders ontslaap het, sal Ek jou saad wat uit jou
liggaam sal voortkom, laat optree en sy koningskap bevestig. 13 “Hy
sal vir My Naam ʼn huis bou, en Ek sal sy koninklike troon bevestig tot in
ewigheid. 14 “Ek
sal sy Vader wees, en hy sal My seun
wees. Indien hy
verkeerd optree,
sal Ek hom straf met ʼn menslike roede en met slae van seuns van Adam. 15 “Maar
My guns sal nie van hom wegdraai, soos Ek dit van Sha’ul wat Ek voor jou
verwyder het, weggedraai het nie. 16 “En
jou huis en jou koningskap sal bestendig wees tot in ewigheid voor jou –
jou troon staan vas tot in ewigheid.”’” Hier sien ons
ook dat JHWH Sh’lomo as Sy seun beskryf. Dawid self beskryf ook homself as JHWH
se seun en JHWH as sy Vader (Teh 2:7/89:26). JHWH het nie net een seun nie maar
elkeen wat Sy wil doen is Sy seun (of kind), want Hy is ons Vader. Die enigste
ander plek in Jeshajahu waar daar dan ook verwys word na iemand wat gesalf word
(dus impliseer dit ʼn gesalfde en word dit nie direk ‘n gesalfde genoem nie) is
in Jeshajahu 61:1. Hier het ons weer te doen met ‘n profesie wat nie duidelik op
die Dawidiese messias wys nie maar veel eerder na die voorganger wat as Ělijahu
uitgewys word in Mal’agi 4:5-6. Die Dawidiese
Messias is inderdaad ‘n mens wat gevul is met die Gees van JHWH. Hy bring die
volk van Jisra’ěl terug in die land (Jahuda en die 10 stamme – al twaalf
stamme). Hy bring vrede vir die volk. Hy herbou die tempel van JHWH. En buiten
dit alles bring hy vrede en geregtigheid vir alle nasies. Ons het dit
nog nie ervaar nie. Tweedens is
dit duidelik dat ʼn messias of gesalfde ook uit die huis van Aharon verwag word.
In Zagarja 6:12-13 lees ons die volgende: 12 en
praat met hom en sê: ‘So sê
יהוה
van die leërskare: “Kyk, ʼn man met die naam Spruit, en van sy plek sal hy
uitspruit, en hy sal die Tempel van
יהוה
bou 13 “En hy sal die Tempel van יהוה bou. En hy sal aansien hê en op sy troon sit en regeer. En ʼn priester sal op sy troon wees, en die raad van vrede sal tussen hulle twee wees.”’ Net soos JHWH
vir Dawid in 2 Sh’mu’el 7 ewige koningskap vir die Huis van Dawid beloof het,
het JHWH ook in B’midbar 25 en Sh’mot 29 aan Aharon (deur die lyn van Pineḥas)
ewige priesterskap beloof. B’midbar
25:10-13 10 En יהוה het met Moshe gepraat en gesê: 11 “Pineḥas, die seun van El’asar, die seun van die priester Aharon, het My grimmigheid van die kinders van Jisra’ěl weggedraai omdat hy tussen hulle ywerig was met My ywer, sodat Ek die kinders van Jisra’ěl nie in My ywer verteer het nie. 12 “Daarom sê: ‘Kyk, Ek sluit met hom My vredeverbond, 13 en dit sal vir hom en sy saad na hom die verbond van ewige priesterskap wees, omdat hy vir sy Elohim geywer en versoening vir die kinders van Jisra’ěl gedoen het.’” Sh’mot 29:9 8 “Ook sy seuns moet jy laat nader kom, en laat hulle die rokke aantrek, 9 en omgord hulle met die gordel, Aharon en sy seuns, en bind vir hulle kopdoeke om, dat hulle die priesteramp kan besit as ʼn ewige wet. So moet jy dan Aharon en sy seuns as priesters aanstel. Dit is
duidelik uit die twee Skrif dele hierbo dat Aharon se priesterlike amp ook ewig
is soos Dawid se koningskap. Jirmejahu 33 stel dit weer ook duidelik: Jirmejahu
33:14-26 14 ‘Kyk,
die dae kom,’ sê
יהוה,
‘wanneer Ek die goeie woord wat Ek
aangaande die huis van Jisra’ěl en die huis van Jahuda gesê het, tot stand sal
bring. 15 ‘In
daardie dae en in daardie tyd sal Ek ʼn spruit van geregtigheid vir Dawid laat
uitspruit. En hy sal reg en geregtigheid op aarde doen. 16 ‘In
daardie dae sal Jahuda verlos word en Jarushalajim veilig woon. En dit sal
genoem word: “יהוה
ons Geregtigheid.”’ 17 “Want
so sê
יהוה:
‘Vir Dawid sal daar nie ʼn man ontbreek wat op die troon van die huis van
Jisra’ěl sit nie. 18 ‘En
vir die priesters, die Lěwijim sal daar nie ʼn man ontbreek wat voort-durend
brandoffers voor My bring en graanoffers aan die brand steek en slagoffers berei
nie.’” 19 En
die woord van
יהוה
het na Jirmejahu gekom en gesê: 20 “So
sê
יהוה:
‘Indien julle My verbond met die dag en My verbond met die nag kan breek, dat
daar geen dag of nag op hulle tyd is nie, 21 dan
sal My verbond met Dawid, my dienaar, ook gebreek kan word, dat daar vir hom
geen seun sal wees wat regeer op sy troon nie, en met die Lěwijim, die
priesters, My dienaars. 22 ‘Soos
die leër van die hemele nie getel en die sand van die see nie gemeet kan word
nie, so sal Ek die saad van My dienaar Dawid, en die Lěwijim wat My dien,
vermeerder.’” 23 En
die woord van
יהוה
het na Jirmejahu gekom en gesê: 24 “Het
jy nie opgemerk wat hierdie volk sê nie, wanneer hulle sê: ‘Die twee stamme wat
יהוה
gekies het, dié het Hy verwerp’? Dus verag hulle My volk, wat nie meer ʼn nasie
voor hulle is nie. 25 “So
sê
יהוה:
‘Indien Ek My verbond met dag en nag, die wette van hemel en aarde, nie
vasgestel het nie, 26 dan
sal Ek ook die saad van Jaäkoḇ en van My dienaar Dawid verwerp, sodat Ek nie uit
sy saad regeerders sal neem oor die saad van Aḇraham, Jitsḥak en Jaäkoḇ nie.
Want Ek sal hulle ballingskap verander en My oor hulle ontferm.’” Dit kan nie
duideliker wees nie. Die
gevolgtrekkings wat hieruit gemaak kan word laat ʼn mens wonder hoe dit moontlik
was dat jy jou vir soveel jare aan die neus kon laat lei deur die kerk! Want
ongeag of jy in die kerk en of jy reeds uit die Kerk (Baḇel) weg is hou die
meeste mense nog aan hierdie leerstellings van die Kerk vas al is dit met ander
name. Menige leser
sal seker verskeie vrae opper – lesers wat in die kerk sit asook diegene wat
hulself as Messiane beskou, maar in werklikheid is albei dieselfde. Dit is nie
moontlik om ʼn Ford te verander om ʼn Chev te wees nie al word die naamplaatjie
and die wapen vervang. Wat nodig is,
is om van heel voor te begin. Elkeen wat ʼn daadwerklike behoefte het om JHWH te
ken en te dien het nodig om terug te gaan na die begin van alle dinge. Daar waar
JHWH die werklike riglyne en onderrig gee oor hoe Jisra’ěl moet leef. Dit is dus
nodig om alles wat jy voorheen in die kerk geleer het te onleer en om met nuwe
oë en met ʼn skoon kop en gedagte Torah te begin leer. Ons vind dan dat Moshe vir
die volk sê dat as hulle hierdie Torah sal doen dan sál hulle leef. Om hierdie
Torah van JHWH met oorgawe te doen is om JHWH se wil te doen. Om hierdie Torah
nie te doen nie is om teen Hom, ons Vader en ons Skepper, en weg van Hom te
draai. Die kern is
dat volgens Tanakh, die Skrif soos JHWH dit vir ons gegee het en in die besonder
in Torah is die boodskap baie duidelik: D’ḇarim 4:1-2 1 nou, luister Jisra’ěl, na die wette en die regsreëlings wat ek julle leer om te doen, sodat julle mag lewe en inkom en die land wat יהוה, die Elohim van julle vaders, aan julle sal gee, in besit mag neem. 2 “Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie, sodat julle die bevele van יהוה julle Elohim mag bewaar, wat ek julle beveel. Lees gerus die
hele hoofstuk van D’ḇarim 4. Die inligting en opdrag soos Moshe dit weergee is
baie duidelik sonder enige misverstand. Hy beklemtoon ook in vers 39 dat buiten
JHWH daar géén ander is nie. D’ḇarim 5:33 33 “In al die weë wat יהוה julle Elohim julle beveel het moet julle wandel, sodat julle kan lewe en dit met julle goed kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem. D’ḇarim 8:1 1 “Verseker dat julle al die bevele wat ek jou vandag beveel, doen, dat julle mag lewe en vermeerder, en dat julle mag inkom en die land in besit neem wat יהוה aan julle vaders met ʼn eed beloof het. D’ḇarim 30:6 6 “En יהוה jou Elohim sal jou hart besny en die hart van jou saad, om יהוה jou Elohim lief te hê met jou hele hart en met jou hele wese, sodat jy kan lewe. Die vers
hierbo is nogal interessant want kyk waar is dit geskryf, D’ḇarim 30:6! Dis
Tanakh (“Ou Testament” volgens die kerk)! Dis nog erger, dis deel van Torah, die
eerste 5 boeke! Maar JHWH sê Hy sal Jisra’ěl se hart besny na hulle fouteer het
en verstrooi is en dan sal Hy hulle terugbring na die land. Hulle moet egter
eers iets doen voordat vers 6 in werking tree: D’ḇarim 30:6 2 “En wanneer al hierdie dinge oor jou kom, die seën en die vloek wat ek jou voorgehou het, en jy dit ter harte neem tussen al die nasies waarheen יהוה jou Elohim jou verdryf het, 2 en jy terugdraai na יהוה jou Elohim en na Sy stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele wese, Die volk moet
terugdraai na JHWH en na Hom alleen. Daar is nie iemand anders na wie hulle moet
draai nie. JHWH self is die enigste. Na JHWH moet gedraai word en na Hom moet
geluister word met jou hele hart en jou hele wese. Daar is niemand anders nie. Jaḥezkěl 20:11 11 “En
Ek het hulle My wette gegee en My oordele aan hulle bekend gemaak, sodat die
mens dit doen en daarin kan lewe. Miga 6:8 8 Hy het aan jou bekend gemaak, Adam, wat goed is. En wat vra יהוה van jou anders as om reg te doen en goedheid lief te hê en nederig met jou Elohim te wandel? In werklikheid
is dit ʼn baie goeie gedagte om Torah van voor af te bestudeer. Met ʼn oop gemoed
en ontvanglik dat JHWH deur Sy krag jou kan onderrig. Daarna mag dit goed wees
om die profetiese boeke te lees vanaf Jeshajahu tot by Mal’agi. Dit sal ʼn goeie
fondasie lê om mee te begin. Wanneer Torah en die profetiese boeke goed onder
die knie is en jy verstaan wat JHWH vra en jy wil steeds na die christelike
geskrifte gaan kyk, sal daar ʼn beter fondasie wees en beter begrip om dit te
meet teen die Torah en die Profete. EK het nie
werklik ʼn behoefte om die christelike geskrifte uitmekaar te trek en op die
foute te wys nie. Indien die behoefte daar is sal ek wel op ʼn latere stadium dit
doen en ook meer vleis aan hierdie dokument te gee. Ten slotte wil
ek net graag die titel vraag beantwoord. Volgens my mening na vele jare se dink,
en tob en ondersoek het Jahushua aarde toe gekom om Jahuda en Jisra’ěl te roep
om terug te keer na JHWH soos al die ander profete voor hom gedoen het. Hy het
ook weens die verdraaiings van die Skrif wat tydens sy leeftyd op aarde was,
uitgewys en sy tydgenote geleer om JHWH in waarheid te dien volgens Torah
voorskrifte en nie volgens menslike idees (Mondelingse Torah) nie. Is hy
doodgemaak en het hy weer opgestaan? Baie moontlik, maar onbelangrik. Daar is
géén Skriftuurlike rede hoekom so iets moes gebeur nie. Daar is geen rede hoekom
dit vir ons belangrik moet wees nie. JHWH sê dat hy niks laat gebeur indien Hy
dit nie bekend gemaak het nie. Amos 3:7 7 Want
Meester
יהוה
doen niks tensy Hy sy besluit aan Sy dienaars, die profete, bekend maak nie Jahushua het
dus na my mening JHWH se volk, sy volkgenote, kom roep om terug te keer na JHWH
en om hulle te leer hoe om dit te doen. Niks meer en niks minder nie.
Mag JHWH jou insig gee om Sy Woord onverdraaid te verstaan
|
|