|
|
Obeliske, Torings en Pale
1. InleidingElke dorp en stad het ten minste een toring wat die hoogte in steek en dien vir menige reisiger as baken op sy of haar pad. Vir ons in die Weste, en veral in Suid-Afrika, is torings vir solank as ons kan onthou deel van ons kultuur. Al die argitektuur van die Middeleeue en die Renaissance is vol torings, soos byvoorbeeld die Gotiese style. Stede soos Washington DC, Londen en Rome (Vatikaanstad) is ook vol torings en obeliske op hul eie asook kerktorings en ander torings op geboue. Wat is die oorsprong van hierdie torings? Wat is die betekenis daar agter? Is dit aanvaarbaar? Is dit regtig fallies? Verteenwoordig dit die manlike geslagsorgaan? 2. OorsprongTorings kom reeds oor baie jare heen, en ons lees in die Skrif reeds daarvan net na die sondvloed. Die mense was bang vir ‘n herhaling en het besluit om ‘n toring te bou wat tot aan die hemel reik (Ber/Gen 11:4). Volgens die historici het obeliske reeds baie vroeg, voor 3000 vM, in Mitsrajim (Egipte) begin. Hierdie obeliske het oorspronklik by die son-magtige (songod) Ra of Amon en ook bekend as Amen-Ra, se tempel-ingang gestaan. Normaalweg een aan elke kant. Mettertyd het hierdie obeliske by alle tempels gestaan van al die idole. Hierdie obelisk is dan ook as die woonplek van Amen-Ra aanbid. Alhoewel die obelisk in Mitsrajim hoofsaaklik aan die son-idool gewy is, was daar ook ander vorms van falliese simbole wat gebruik is onder andere in die aanbidding van Osiris, wat in werklikheid ‘n ander naam van die drie-eenheid se hoof-idool of pa-idool, Amen-Ra, was. 3. BetekenisDieselfde pale, torings en obeliske is regoor die wêreld gevind. Die vorms mag dalk van plek tot plek effe verskil wat finale afwerking betref maar is oor die algemeen dieselfde. Hierdie regop klippe, torings, obeliske of houtpale het een hoofdoel voor oë gehad en wat die geesteswêreld betref nog steeds: Falliese Aanbidding! Dit beteken in eenvoudiger taal dat dit ‘n seksuele betekenis en verbintenis het. Alhoewel die regop struktuur hoofsaaklik die manlike geslagsorgaan verteenwoordig het dit ook vroeër vroulike idole verteenwoordig. Die Asherim is meestal uit lewende bome gekerf op kunstige wyse. Mettertyd het dit in regop pale verander. Dit is ook teen soortgelyke pale waarteen mense opgehang is. Daar was ook sonaanbidders wat ‘n beeld van die son bo-op ‘n lang paal geplaas het en dit so aanbid het. Die meeste van die vroulike idole se religie het vereis dat die priesters ontman moes word. Tydens sommige feeste het verskeie mans dan ook hulself ontman deur hul geslagdele letterlik af te ruk. ʼn Deel van die gedagte rondom die obelisk is natuurlik ook die seksuele omgang wat die “songod” (die obelisk) met die hemelkoningin het. Hier is dit natuurlik maklik om die “pa”-deel van die verskillende drie-eenheidslere in die manlike kant te plaas en in die vroulike deel die “ma”! Dit is natuurlik Semiramis! Dit is juis hier in Babel, wat Semiramis ʼn obelisk van ongeveer 39 meter opgerig het. Hier het die falliese simboliek ook voorkeur geniet. Daar word ook deur Dr Cathy Burns beweer dat die naam OBELISK letterlik Baäl se geslagsorgaan beteken. 4. Wat sê die SkrifDie Woord van JWHW gee vir ons op verskeie plekke direkte opdragte ten opsigte hiervan. Dit is nie riglyne of aanbevelings nie maar DIREKTE OPDRAGTE of ONDERRIG! Let op die volgende teksaanhalings:
Die Hebreeuse woord wat gebruik word is matstebah (Strong H4676). Volgens Strong kan dit ʼn kolom, pilaar of regopstaande beeld wees. Nog ʼn Hebreeuse woord wat meestal met sonpilaar vertaal word is chamman (gam-môn) (Strong H2553). Hieronder volg nog aanhalings:
Daar is ook nog versekeie ander en veral in die tweede boek van Melakim (Konings), word daar keer op keer verwys na die pilare wat gebou of afgebreek is. JHWH draai egter nie doekies om nie. Hy werwag dat alles afgebreek moet word. Daar is ook nog al die verwysings na die Asherim (meervoud van Ashera) wat afgekap moes word. Hierdie Asherim het natuurlik na die hemelkoningin verwys. Uit die Skrifverwysings uit die Tora (Onderrigboeke of Wet – eerste 5 boeke) is die opdrag of bevel so helder en duidelik soos daglig: · Moenie dit doen nie! · Breek dit af! · Kap dit om! Die aanhalings uit die Profetiese boeke wys ons weer op die gevolge van die oortreding van hierdie opdrag. Dit wys ook dat daar wel diegene was wat dit na die tyd gehoorsaam het en hul voorsate se sonde reggestel het. Daar sal sekerlik mense wees wat redeneer dat “kerktorings” nou “gekersten” of “verchristelik” is. Maar dit is juis die probleem. Dit kom op presies dieselfde probleem neer as wat “Son-dag”, “kersfees” en vele ander gebruike van vandag is en ook natuurlik die Goue Kalf van Jisra’el terwyl Moshe (Moses) op die berg was. Die Skrif sê baie duidelik in Shemot 23 vers 2 dat ons nie die meerderheid van mense in sonde en dwalinge (of verkeerde dinge) mag volg nie. JHWH sê ook deur Shemu’el in 1 Shemu’el 15 vers 22 en 23 die volgende:
Daar is dus GEEN verskoning om ongehoorsaam te wees nie! Daar is geen manier waarop ʼn toring by ʼn plek van aanbidding goedgepraat kan word nie. Hierdie torings, obeliske en pale wat so aanbid word kan ooit geregverdig word nie. ʼn Sianiedpilletjie met ʼn sjokkelade lagie rondom bly net so giftig. JHWH sê dat Hy AL die hoogtes sal gelyk maak en al die sonpilare en sontempels en altare sal afbreek. Dit geld ook vir Suid-Afrika! 5. Bekende Buitelandse Obeliske
Bo is eerstens ʼn oblisk wat ongeveer 3 200 jaar gelede in Mitsrajim gebou is. Dit staan tans in die Place de Concorde in Parys, Frankryk. Tweedens is die Eiffeltoring wat ʼn voorbeeld is van ʼn goed vermomde obelisk. Die derde is die Washington gedenkteken in Washing DC, VSA.
Hier is nommer 4 ʼn obelisk in Heliopolis (Grieks) of Bet-Shemesh (Hebreeus), Mitsrajim (Egipte), nommer 5 is in Londen, Engeland en 6 is in Central Park, New York – VSA. Daar is natuurlik nog baie soos byvoorbeeld die een op Trafalgarplein in Londen, Engeland en ook die een hieronder wat ook vanaf Mitsrajim (Egipte) kom. Hierdie obelisk staan reg in die middel van die sonwiel binne die plein voor St Peter Kattedraal in die Vatikaan:
6. In Suid AfrikaSuid-Afrika het uiteraard sy eie (oor)maat van obeliske. Een is een te veel. So is daar onder andere op meeste “kerkgeboue” torings wat maar net vermomde obeliske is. Dan is daar natuurlik ʼn ryke verskeidenheid van monumente oor die land versprei. Sommige van hierdie is blatante obeliske soos die Paardekraal- en Vrouemonumente. Ander weer soos die Taalmonument in Paarl is ʼn vermomde obelisk met ʼn “sonoog” in die langste toring! Hieronder is verskeie voorbeelde van Suid-Afrikaanse obeliske:
Bo is die volgende:
Uit die foto’s hierbo is dit duidelik dat Suid-Afrika ʼn menigte OBELISKE en NAALDE het wat ʼn gruwel en boosheid in ons Skepper JHWH, se oë is. Hierdie is maar ʼn paar. Daar is nog vele meer en enige iemand wat so bietjie wil ondersoek instel sal dit duidelik kan opspoor. Buiten die Voortrekkerkerk is geen ander hier gewys nie en dáár is veral baie kerke met torings. 7. VrymesselaryDaar is ook ‘n baie direkte verbintenis tussen die Vrymesselary en obeliske. Alhoewel Vrymesselary eers volgens historici gedurende 1717 hul eerste byeenkomste gehad het, is daar genoeg aanduidings dat die “organisasie” reeds oor baie eeue kom. Selfs voor die geboorte van Messias. Vrymesselary self, maak aanspraak dat hulle reeds van Shelomo (Salomo) se tyd af dateer. Hierdie obeliske word deur vrymesselaars gebruik as aanduiding dat hulle ʼn plek besit of regeer. Simboliek is baie belangrik binne vrymesselary en daarom word obeliske wat direkte verbintenis met die son het gebruik. Ander simbole is brandende fakkels, die son self, die piramide en die alsiende oog.2 8. Wat Nou?As gelowiges kan en mag ons nie hierdie obeliske toelaat nie. Dit beteken nie dat ons as gelowiges skielik elke obelisk of toring moet gaan afkap of vernietig nie. Die gelowiges is nie in beheer van Suid-Afrika nie. Hulle was ook nooit nie! Soos die geval wêreldwyd, is Suid-Afrika ook onder beheer van die Vrymesselary en die Broederbond. Daarom moet die gelowige voortgaan om die staat gehoorsaam te wees maar hy moet homself in totaliteit van die gruwels wat deur maghonger politici opgedis is, losskeur. Die gelowige kan nie toelaat dat hy of sy deur politiek en kamtige kultuur historiese redes hierdie sonpilare aanbid nie. Verseker word daar gesê dat niemand die pilare aanbid nie. Maar, dink bietjie na, dink aan al die redes en kransleggings en dan word voor hierdie pilare GEBUIG! Dit is wat die Skrif sê aanbidding is – om te buig! Liewe gelowige in JHWH, in die dood en opstanding van Jahushua, luister en breek alle bande, alle verbintenisse met hierdie gruwel voor JHWH! 9. Bronne1. Die Skrifte – Letterlike Vertaling nog nie voltooi nie 2. Die Bybel (1953) – Bybelgenootskap van SA 3. The International Standard Bible Encyclopaedia 4. Strong’s Exhaustive Concordance 5. Biblesoft’s PC Study Bible 6. Gaan uit haar uit, My volk – Dr CJ Koster 7. Masonic and Occult Symbols Illustrated – Dr Cathy Burns 8. The New Illustrated Great Controvesy – LLT Productions 9. Fotobeeld van 300 monumente, standbeelde en gedenktekens langs die pad van Suid-Afrika (Hersiene 2de druk) – Dr JJ van Tonder 10. Notas
|
|