|
|
Sit jy nog langs die riviere van Babel?Kom uit Babel! יהוה (JHWH) roep jou uit!"Vlug uit Baḇel, en gaan uit die
land van die Kasdim. En wees soos ramme voor die trop kleinvee uit!" Nuutste byvoegings is sommer maklik van hier bereikbaar!Hierdie blad het te doen met die regstelling van die verbond tussen ons Skepper en ons as mense. Hier ontvang jy weereens die oproep: "Kom uit Babel!" Deur die eeue heen het verkeerde idees en tradisies posgevat en is dit vandag tot so 'n mate vasgeanker dat dit met moeite verwyder sal word. Die oorspronklike wyse waarop die eerste volgelinge van ons Messias gehandel het verskil dramaties van ons huidige "Kerkstelsels". Op hierdie blad sal jy dan meer inligting kan bekom oor dit wat dramaties verkeerd is asook dit wat met suiker omhulsels aangebied word. Daar is ook skakels na ander soortgelyke webtuistes. Ten laaste sal jy ook leiding ontvang t.o.v. jou eie redding en hoe om 'n persoonlike verhouding met die Messias en ons Skepper Vader te hê. Die NUWE weergawe van "The Scriptures" is NOU beskikbaar! Besef jy die waarde van die Sabbat?Die Sabbat is daar met 'n doel en is nog nooit verander nie. Gaan doen gerus 'n studie op jou eie en kyk wat sê JHWH in die Skrif daaroor. Gebruik ook die nuwe studie op hierdie blad en kry Skriftuurlike perspektief op die Sabbat! Die Woord van ons Vader is uiteraard baie belangrik. Daar is tans 'n projek aan die gang om die Naam van יהוה (JHWH) en te herstel in die Woord. Daarmee saam ook baie ander name in die Woord wat verengels, verafrikaans of vergrieks is. Hou hierdie blad dop aangesien dit hier gepubliseer sal word vir persoonlike gebruik asook om insette te verkry vir die proeflees daarvan. Indien jy dalk belangstel om van hierdie te proeflees stuur 'n e-pos. Gaan nou na Die Skrifte blad. Onthou, jy word NOU geroep: "Kom uit Babel!", môre mag dalk te laat wees!!Onthou die woorde van JHWH aan Jeḥeskel in hoofstuk 3: 18 “Wanneer Ek vir die bose sê:[1] ‘Jy sal verseker sterf’ en jy waarsku hom nie en praat nie om die bose te waarsku vir sy bose weg om hom in die lewe te hou nie, dan sal hy, die bose, in sy boosheid sterf, en sy bloed sal Ek van jou hand eis. 19 “Maar indien jy die bose gewaarsku het, en hy hom nie van sy boosheid en van sy bose weg bekeer nie, dan sal hy in sy boosheid sterf, maar jy het jou wese gered. 20 “En wanneer ʼn regverdige van sy geregtigheid wegdraai en onreg doen, wanneer Ek ʼn struikelblok voor hom gooi, sal hy sterf. Omdat jy hom nie gewaarsku het nie, sal hy deur sy sonde sterf, en sy geregtigheid wat hy gedoen het, sal nie onthou word nie, en sy bloed sal Ek van jou hand eis. 21 “Maar indien jy die regverdige gewaarsku het, dat die regverdige nie moet sondig nie, en hy sondig nie, dan sal hy verseker lewe, omdat hy hom laat waarsku het, en jy het jou wese gered.” [1] Vergelyk 18:20-32 & 33:8-20. Indien die letterstyl hierbo baie gewoon is, laai die styl af en sien hoe dit moet lyk! |
|