Halloween het sy ontstaan gehad as “All Hallows’ Eve”
gedurende die 7de eeu na Messias. Oorspronklik was dit gevier op 13 Mei.
Gedurende hierdie nag is vir afgestorwe ‘heiliges” en martellare gebid. Hierdie
datum is later na 31 Oktober / 1 November verskuif om met die heidense fees
Samhain saam te val.
Samhain
(uitgespreek amper soos “sawhin” of “sawhien”) het sy oorsprong reeds meer as
2000 jaar gelede by die Kelte. Dit was (of is nog steeds) ook onder andere die
Keltiese nuwe jaar.
Samhain staan ook bekend as die “Meester van die Dood” of
“God van die Dood” volgens sommige bronne, alhoewel daar verskeie groepe is –
veral nuwe heidense (neo pagan) groepe – wat dit ontken of bevraagteken. Of dit
waar is al dan nie, is nie werklik so belangrik nie. Wat wel waar is, is die
feit dat hierdie fees gevier is om die gestorwe bose geeste van die afgelope
jaar te onthaal. Die onthaal vind plaas met heerlike voedsel en lekkernye en
huisvesting moet ook verskaf word. Vandag beter
bekend as “The Treat”.
Indien daar versuim word en nie verskaf word nie (so is
geglo) sal die bose geeste towerspreuke op diegene plaas wat versuim het, asook
baie teëspoed veroorsaak. Vandag bekend as “The Trick”. Die kelte het ook geglo
dat hierdie “Treat” wat hulle verskaf stel hulle instaat om van die bose geeste
bevry te word wat die aarde bewandel. Goeie geeste was veronderstel om reeds in
die paradys te wees. Tydens die fees is toekomsvoorspellings en verskeie ander
vorms van heksery en towerkunste beoefen.
Die Roomse kerk het as deel van sy verkeerde leerstellings
en die oorname van die Griekse Pantheon (All Gods) ook hierdie dag ingestel om
vir die sogenaamde afgestorwe “heiliges” en martellare te bid. In Engels staan
dit ook bekend as All Hallows’ Eve, All Saints’ Eve of All Hallows’ Even (en
vandaar die woord Halloween). Hierdie fees was oorspronklik op 13 Mei gevier.
Die RKK is egter baie getrou aan sy misie om almal in te
trek onder sy sambreel (kyk maar na kersfees en paasfees) en het sodoende
besluit om die datum te skuif na 31 Oktober / 1 November. Dit het dan gemaklik
by die Kelte byval gevind en is makliker verchristelik. Op hierdie wyse is
hierdie heidense gebruik dan ook verder deurgevoer na die res van die RKK wat
reeds kniediep (of dieper) in sonaanbidding gestaan het. Samhain was ook ‘n fees
t.o.v die son – Einde van die somer.
Ons kan nog veel dieper gaan delf en meer opdis indien ons
wil. Ons kan redeneer en sê dat iemand wat “moeder aarde” aanbid nie eintlik vir
Satan aanbid nie. Die Skrif se standpunt is egter baie anders. Die Skrif is tog
ook die finale gesag soos deur JHWH aan ons gegee.
Jahushua sê baie duidelik dat die wat nie vir Hom is nie, is
teen Hom (Matt 12:30; Luk 11:23).
30 “Hy wat nie met My
is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.”
(Matt 12:30)
Ons kan nie alkante toe wil leef nie. Ons is veronderstel
om KODESH (afgesonderd sommiges sê ‘heilig’) te wees soos JHWH self (Levitikus /
Wajikra 11:44, 45). Nie soos monnikke of nonne in ‘n klooster nie, maar anders
as die wêreld. Kom ons ondersoek ‘n paar Skriftekste:
Shemot (Exodus) 23:24
24 "Jy mag jou voor hulle elohim nie neerbuig en hulle nie dien
nie, ook mag jy nie doen volgens hulle werke nie;"
24“Do not bow down to their mighty
ones, nor serve them, nor do according to their works, but without fail
overthrow them and without fail break down their pillars.”
(- The Scriptures)
Debarim (Deuteronomium) 18:9-14
9“Wanneer jy kom in die land wat
יהוה (JHWH) jou Elohim jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie
nasies te doen nie.
10 Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter
deur die vuur laat deurgaan - wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van
voortekens of towery omgaan nie,
11 of wat met besweringe omgaan, of wat ʼn gees van ʼn
afgestorwene vra of ʼn gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.
12 Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir
יהוה ʼn gruwel; en
om hierdie gruwels ontwil verdryf JHWH jou Elohim hulle voor jou uit.
13 Opreg moet jy wees met יהוה jou Elohim.
14 Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdryf,
luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, יהוה jou Elohim het
jou nie so iets toegelaat nie.”
9“When you come into
the land which יהוה (YHWH) your Elohim is giving you, do not learn to do according to
the abominations of those gentiles.
10“Let no one be found
among you who makes his son or his daughter pass through the fire, or one who
practises divination, or a user of magic, or one who interprets omens or a
sorcerer,
11or one who conjures
spells, or a medium, or a spiritist, or one who calls up the dead.
12“For whoever does
these are an abomination to יהוה, and because of these abominations YHWH your
Elohim drives them out from before you.
13“Be perfect before
יהוה your Elohim,
14for these nations
whom you are possessing do listen to those using magic and to diviners. But as
for you, יהוה your Elohim has not appointed such for you.”
(- The Scriptures)
Jahoshua (Joshua) 23:16
16 “Indien julle die verbond van יהוה julle Elohim wat Hy julle
beveel het, oortree en ander gode gaan dien en julle voor hulle neerbuig, dan
sal die toorn van JHWH teen julle ontvlam, en julle sal gou vergaan uit die
goeie land wat Hy aan julle gegee het.”
16 “when you transgress the
covenant of יהוה your Elohim, which He commanded you, and shall go and serve
other mighty ones, and bow down to them. And the displeasure of YHWH shall
burn against you, and you shall perish quickly from the good land which He has
given you.”
7 “For Elohim has not
given us a spirit of cowardice, but of power and of love and of self-control.”
(- The Scriptures)
Filippense 4:8
8
“Verder, broers, alles wat waar is, alles wat agbaar is, alles wat regverdig
is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is - watter deug
en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.”
8 “For the rest,
brothers, whatever is true, whatever is noble, whatever is righteous, whatever
is clean, whatever is lovely, whatever is of good report, if there is any
uprightness and if there is any praise – think on these.”
(- The Scriptures)
Wanneer ons na hierdie verse kyk dan sien ons baie duidelik
die standpunt van ons Vader. As gelowiges, gewas in die Bloed van ons Verlosser
en Messias, J’shua, kan ons tog onder géén omstandighede aan hierdie gebruike
meedoen of dit goedpraat nie!