Ons glo dat ons almal wat glo deur JHWH self geroep is om:
Om 'n WAGTER te wees volgens Jeḥeskel
(Esegiël) 3:17-27
Vrylating vir die Gevangenes te verkondig (Jeshajahu/Jesaja 42:7 /
61:1)
Opening van die Gevangenis vir die Geboeides (Jeshajahu/Jesaja 42:7 /
61:1)
Die Gevangenes in die Duisternis na die Lig uit te bring
(Jeshajahu/Jesaja 42:7)
Om Blinde Oë te Open (Jeshajahu/Jesaja 42:7)
Die Blindheid, Duisternis, Gevangenis, ensovoorts word
veroorsaak deur die bagasie wat van die Roomse Kerk oorgeërf is en nog steeds
binne die meeste Protestantse Kerke teenwoordig is.
Ons moet beweeg soos deur die Gees van JHWH gelei om die
Waarheid uit te dra en die Valse Leringe wat oor die eeue heen vas gewortel is,
ook in die "Protestantse Kerke" met Wortel en Tak uit te Roei, en om
soekendes terug te neem na Tanakh sodat hulle by JHWH kan uitkom!