|
|
Die DoopVoordat ons die wyse van doop en ander verwante twisvrae bekyk, kom ons kyk eers of die doop werklik noodsaaklik is. Daar is verskeie groepe, onder ander die Rooms Katolieke Kerk (RKK), meeste van die Anglikane asook dele van die Lutherse groepe en baie ander selfs onder die Apostoliese of Pinkster groepe wat leer dat die Doop ‘n voorvereiste vir redding is. Die RKK en Anglikane gaan verder en beweer dat ‘n pasgebore baba verlore is indien hy sterf voordat hy gedoop word. Hulle glo vas dat die doop die mens (of sy siel) hergenereer. Sonder die doop (deur die RKK) is elke mens verlore. Dan is daar weer ‘n menigte ander wat beweer dat die doop glad nie belangrik is nie, omdat ons tog nie daardeur gered word nie en dit maar net simbolies is. Dit is natuurlik waar dat die doop ons nie red of die ewige lewe skenk nie. Dat dit nie belangrik is nie, is egter ‘n leuen van Satan. Kom ons lees die woorde van ons Meester, J’shua in Mattitjahu (Mattheus):
Die doop is dus ‘n opdrag van J’shua, ons Messias en Verlosser. Dit is nie ons keuse nie! Dit is ‘n opdrag van ons Meester, J’shua Messias. Alhoewel die doop wel in die Ou Testament (geskrifte van die Ou of Oorspronklike Verbond) voorkom, is daar baie wat vandag wil sê dat dit uitsluitlik ‘n Nuwe Testamentiese (Nuwe of Hernieude Verbond) gebruik is. Die waarheid is egter dat seremoniële doop vir reiniging, ‘n standaard gebruik in die Joodse samelewing was. Die Tempel van die Jahudim (Jode) het onder andere 200 doopbaddens. Dit bring dan ook baie meer duidelikheid oor hoe 3000 mense op pinksterdag gedoop kon word (Hand 2:41). Paulus dui wel in Handelinge 19 op die verskil tussen die doop van Johannes wat net ‘n bekeringsdoop is en die doop volgens die opdrag van J’shua Messias. Die prosedure bly egter identies. Dit het baie beslis nie verander nie. In Hebreeus word die woord mikwe (mikwa) – wat ‘n klomp water beteken – meer spesifiek gebruik om die bad met water vir rituele onderdompeling te beskryf. Hierdie rituele was so belangrik gewees dat die bou van ‘n mikwe voorkeur bo die van ‘n sinagoge geniet het. Aangesien die woord die eerste keer ook in Bêreshit (Genesis) 1:10 gebruik word vir die see, is die see dus ook ‘n aanvaarbare mikwe of rituele bad. Alhoewel menige Skrifkenners glo dat die meerderheid (indien nie alles nie) van die Nuwe Testament oorspronklik in Hebreeus geskryf is, is die Grieks die beste wat ons het. Voordat ons dus na die teologiese of skriftuurlike uitlegte en betekenisse gaan kyk, kom ons kyk eers grammaties wat die Griekse woorde (selfstandig en werk) beteken:
Die duidelike verklarings van die Griekse woorde is dan ‘n klinkklare aanduiding van wat die metode van die doop behoort te wees. Keer ons egter terug na die Hebreeuse woord mikwe en die gebruike daar rondom, dan is dit ook duidelik dat die water aan die hele liggaam moet raak om geldig te wees. Indien sekere liggaamsdele sodanig bedek word deur stywe klere, dan sou die doop (wassing of onderdompeling) ongeldig wees. Hierdie belangrikheid dui daarop dat ‘n paar druppels op die voorkop beslis nie ‘n doop kan wees nie. Daar word ook na hierdie ritueel (binne Jahudaïsme) verwys as die hergeboorte of nuwe geboorte. Baie soos die begrip in Johanan (Johannes) 3 waar J’shua uitdruklik sê dat indien ons nie weer gebore word nie, ons nie gered kan word nie. Hiermee wil die skrywer glad nie aantoon dat die doop ‘n voorvereiste vir redding of die ewige lewe is nie, maar wel volgens die Skrif, uitermate belangrik. Wat die Naam betref in Mattitjahu (Mattheus) 28, is dit duidelik dat daar nie van NAME of TITELS gepraat word nie maar die NAAM van die Vader, Seun en Kodesh Gees (die woord heilig word in 'n ander lering bespreek). Die NAAM is dus baie duilik Jahuweh (JHWH) of Jahushua (J’shua). Dit is EEN Elohim met EEN NAAM. Ons sien dit ook duidelik in Handelinge 2 waar Kĕfa (Petrus) duidelik sê dat ons gedoop moet word in die NAAM van J’shua die Messias tot vergewing van sondes. Verder is daar ook sterk aanduidinge dat die term: ‘die NAAM van die Vader, Seun en Gees van Afsondering’ nie in die oorspronklike geskrifte was nie, maar ʼn latere byvoeging. Briewe wat dateer vanuit die eersteeeu na Messias dui gereeld aan dat daar gedoop is in die Naam van J’shua. Dit word ook in Handelinge bevestig. Onthou dat Openbaring 6 vers 3 verwys na die seël wat elke gelowige sal ontvang. Hierdie seël is die Naam van ons Vader JHWH (Jahweh). Hierdie Naam word in die Naam van J'shua vervat. Is dit nie dalk die seël wat ons moet ontvang tydens die doop nie? Dat dit belangrik is, sien ons in die volgende verse: “want julle almal wat in Messias gedoop is, het julle met Messias beklee.” (Gal 3:27) “omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van Elohim wat Hom uit die dood opgewek het.” (Kol 2:12) Opsommenderwys kan ons dus die volgende sê: 1. Die doop het sy oorsprong in Judaïsme (Jahudaïsme) 2. Dit is hieruit duidelik dat die liggaam totaal deur water bedek is. 3. Dit is ‘n opdrag van J’shua en behoort daarom nie geïgnoreer te word nie. 4. Die NAAM waarin ons gedoop moet word is die van J’shua. 5. Alhoewel die doop ons nie red nie bly dit uiters belangrik.
[i] (from Vine's Expository Dictionary of Biblical Words, Copyright (c)1985, Thomas Nelson Publishers) The Jewish Background on Christian Baptism – Ron Mosely, Ph. D. (Arkansas institute of Holy Land Studies) |
|