Tuis-Home
Op-Up

 

Die Doop

Voordat ons die wyse van doop en ander verwante twisvrae bekyk, kom ons kyk eers of die doop werklik noodsaaklik is.

Daar is verskeie groepe, onder ander die Rooms Katolieke Kerk (RKK), meeste van die Anglikane asook dele van die Lutherse groepe en baie ander selfs onder die Apostoliese of Pinkster groepe wat leer dat die Doop ‘n voorvereiste vir redding is. Die RKK en Anglikane gaan verder en beweer dat ‘n pasgebore baba verlore is indien hy sterf voordat hy gedoop word. Hulle glo vas dat die doop die mens (of sy siel) hergenereer. Sonder die doop (deur die RKK) is elke mens verlore.

Dan is daar weer ‘n menigte ander wat beweer dat die doop glad nie belangrik is nie, omdat ons tog nie daardeur gered word nie en dit maar net simbolies is. Dit is natuurlik waar dat die doop ons nie red of die ewige lewe skenk nie. Dat dit nie belangrik is nie, is egter ‘n leuen van Satan.

Kom ons lees die woorde van ons Meester, J’shua in Mattitjahu (Mattheus):

“Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Gees van Afsondering; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” (Mat 28:19)

Die doop is dus ‘n opdrag van J’shua, ons Messias en Verlosser. Dit is nie ons keuse nie! Dit is ‘n opdrag van ons Meester, J’shua Messias.

Alhoewel die doop wel in die Ou Testament (geskrifte van die Ou of Oorspronklike Verbond) voorkom, is daar baie wat vandag wil sê dat dit uitsluitlik ‘n Nuwe Testamentiese (Nuwe of Hernieude Verbond) gebruik is. Die waarheid is egter dat seremoniële doop vir reiniging, ‘n standaard gebruik in die Joodse samelewing was.

Die  Tempel van die Jahudim (Jode) het onder andere 200 doopbaddens. Dit bring dan ook baie meer duidelikheid oor hoe 3000 mense op pinksterdag gedoop kon word (Hand 2:41). Paulus dui wel in Handelinge 19 op die verskil tussen die doop van Johannes wat net ‘n bekeringsdoop is en die doop volgens die opdrag van J’shua Messias. Die prosedure bly egter identies. Dit het baie beslis nie verander nie.

In Hebreeus word die woord mikwe (mikwa) – wat ‘n klomp water beteken – meer spesifiek gebruik om die bad met water vir rituele onderdompeling te beskryf. Hierdie rituele was so belangrik gewees dat die bou van ‘n mikwe voorkeur bo die van ‘n sinagoge geniet het. Aangesien die woord die eerste keer ook in Bêreshit (Genesis) 1:10 gebruik word vir die see, is die see dus ook ‘n aanvaarbare mikwe of rituele bad.

Alhoewel menige Skrifkenners glo dat die meerderheid (indien nie alles nie) van die Nuwe Testament oorspronklik in Hebreeus geskryf is, is die Grieks die beste wat ons het. Voordat ons dus na die teologiese of skriftuurlike uitlegte en betekenisse gaan kyk, kom ons kyk eers grammaties wat die Griekse woorde (selfstandig en werk) beteken:

BAPTISM, BAPTIST, BAPTIZE[i]

A. Nouns.

1. baptisma, "baptism," consisting of the processes of immersion, submersion and emergence (from bapto, "to dip"), is used (a) of John's "baptism," (b) of Christian "baptism," see B. below; (c) of the overwhelming afflictions and judgments to which the Lord voluntarily submitted on the cross, e. g., Luke 12:50; (d) of the sufferings His followers would experience, not of a vicarious character, but in fellowship with the sufferings of their Master. Some mss. have the word in Matt 20:22-23; it is used in Mark 10:38-39, with this meaning.

2. baptismos, as distinct from baptisma (the ordinance), is used of the "ceremonial washing of articles," Mark 7:4,8, in some texts; Heb 9:10; once in a general sense, Heb 6:2. See WASHING.

3. baptistes, "a baptist," is used only of John the Baptist, and only in the Synoptists, 14 times.

B. Verb.

baptizo, "to baptize," primarily a frequentative form of bapto, "to dip," was used among the Greeks to signify the dyeing of a garment, or the drawing of water by dipping a vessel into another, etc. Plutarchus uses it of the drawing of wine by dipping the cup into the bowl (Alexis, 67) and Plato, metaphorically, of being overwhelmed with questions (Euthydemus, 277 D).

It is used in the NT in Luke 11:38 of washing oneself (as in 2 Kings 5:14, "dipped himself," Sept.); see also Isa 21:4, lit., "lawlessness overwhelms me." In the early chapters of the four Gospels and in Acts 1:5; 11:16; 19:4, it is used of the rite performed by John the Baptist who called upon the people to repent that they might receive remission of sins. Those who obeyed came "confessing their sins," thus acknowledging their unfitness to be in the Messiah's coming kingdom. Distinct from this is the "baptism" enjoined by Christ, Matt 28:19, a "baptism" to be undergone by believers, thus witnessing to their identification with Him in death, burial and resurrection, e. g., Acts 19:5; Rom 6:3-4; 1 Cor 1:13-17; 12:13; Gal 3:27; Col 2:12. The phrase in Matt 28:19, "baptizing them into the Name" (RV; cf. Acts 8:16, RV), would indicate that the "baptized" person was closely bound to, or became the property of, the one into whose name he was "baptized."

In Acts 22:16 it is used in the middle voice, in the command given to Saul of Tarsus, "arise and be baptized," the significance of the middle voice form being "get thyself baptized." The experience of those who were in the ark at the time of the Flood was a figure or type of the facts of spiritual death, burial, and resurrection, Christian "baptism" being an antitupon, "a corresponding type," a "like figure," 1 Peter 3:21. Likewise the nation of Israel was figuratively baptized when made to pass through the Red Sea under the cloud, 1 Cor 10:2. The verb is used metaphorically also in two distinct senses: firstly, of "baptism" by the Holy Spirit, which took place on the Day of Pentecost; secondly, of the calamity which would come upon the nation of the Jews, a "baptism" of the fire of divine judgment for rejection of the will and word of God, Matt 3:11; Luke 3:16.

Die duidelike verklarings van die Griekse woorde is dan ‘n klinkklare aanduiding van wat die metode van die doop behoort te wees.

Keer ons egter terug na die Hebreeuse woord mikwe en die gebruike daar rondom, dan is dit ook duidelik dat die water aan die hele liggaam moet raak om geldig te wees. Indien sekere liggaamsdele sodanig bedek word deur stywe klere, dan sou die doop (wassing of onderdompeling) ongeldig wees. Hierdie belangrikheid dui daarop dat ‘n paar druppels op die voorkop beslis nie ‘n doop kan wees nie.

Daar word ook na hierdie ritueel (binne Jahudaïsme) verwys as die hergeboorte of nuwe geboorte. Baie soos die begrip in Johanan (Johannes) 3 waar J’shua uitdruklik sê dat indien ons nie weer gebore word nie, ons nie gered kan word nie. Hiermee wil die skrywer glad nie aantoon dat die doop ‘n voorvereiste vir redding of die ewige lewe is nie, maar wel volgens die Skrif, uitermate belangrik.

Wat die Naam betref in Mattitjahu (Mattheus) 28, is dit duidelik dat daar nie van NAME of TITELS gepraat word nie maar die NAAM van die Vader, Seun en Kodesh Gees (die woord heilig word in 'n ander lering bespreek). Die NAAM is dus baie duilik Jahuweh (JHWH) of Jahushua (J’shua). Dit is EEN Elohim met EEN NAAM. Ons sien dit ook duidelik in Handelinge 2 waar Kĕfa (Petrus) duidelik sê dat ons gedoop moet word in die NAAM van J’shua die Messias tot vergewing van sondes.

Verder is daar ook sterk aanduidinge dat die term: ‘die NAAM van die Vader, Seun en  Gees van Afsondering’ nie in die oorspronklike geskrifte was nie, maar ʼn latere byvoeging. Briewe wat dateer  vanuit die eersteeeu na Messias dui gereeld aan dat daar gedoop is in die Naam van J’shua. Dit word ook in Handelinge bevestig.

Onthou dat Openbaring 6 vers 3 verwys na die seël wat elke gelowige sal ontvang. Hierdie seël is die Naam van ons Vader JHWH (Jahweh). Hierdie Naam word in die Naam van J'shua vervat. Is dit nie dalk die seël wat ons moet ontvang tydens die doop nie?

Dat dit belangrik is, sien ons in die volgende verse:

“want julle almal wat in Messias gedoop is, het julle met Messias beklee.”  (Gal 3:27)

“omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van Elohim wat Hom uit die dood opgewek het.” (Kol 2:12)

Opsommenderwys kan ons dus die volgende sê:

1.      Die doop het sy oorsprong in Judaïsme (Jahudaïsme)

2.      Dit is hieruit duidelik dat die liggaam totaal deur water bedek is.

3.      Dit is ‘n opdrag van J’shua en behoort daarom nie geïgnoreer te word nie.

4.      Die NAAM waarin ons gedoop moet word is die van J’shua.

5.      Alhoewel die doop ons nie red nie bly dit uiters belangrik.

 

[i] (from Vine's Expository Dictionary of Biblical Words, Copyright (c)1985, Thomas Nelson Publishers)

The Jewish Background on Christian Baptism – Ron Mosely, Ph. D. (Arkansas institute of Holy Land Studies)


Kopiereg / Copyright  © 2002 - 2010

 Masada (Ware Verbond / True Covenant)

 Gaan uit haar uit / Come out of her

Keer terug na Tora / Return to Torah

Alle regte voorbehou / All rights reserved
Hersien/Revised: 17-08-2010

Werf Kaart / Site Map

gaan uit haar uit my volk,come out of her my people

Web space provided by Afrisys voorsien die Webruimte