|
|
(ontvang op 15/12/2003 volgens die Romeinse kalender)Hoor Suid-Afrika! Hoor blanke Suid-Afrika! Luister wat JHWH die Skepper van hemel en aarde vir julle sê: "Julle ontvang die straf omdat julle jul harte verhard en nie wil luister na die stem van JHWH nie! Asof dit nie genoeg is dat julle die sondes van die Roomse Kerk in die Protestantse Kerke saamdra nie, het julle nog julle eie ook gaan byvoeg! Julle het sontempels opgerig en dink Ek, JHWH, moet dit aanvaar! Julle rig vir julle sonpilare op en verwag dat Ek daarin moet vreugde hê. Julle vaders het ʼn gelofte aan My gemaak en julle gebruik dit vir politieke gewin! "Luister julle wat ore het! Al julle hoogtes en pilare sal afgebreek word, ook die sontempel van die volk. "Julle verag My wette en voorskrifte. "Draai terug na My sodat Ek julle land kan genees. Breek weg uit Babel. Keer terug na My! Julle het My Torah vergeet en daarom het ek julle en julle kinders vergeet!" Shalom! |
|