Tuis-Home
Op-Up

 

Oproep om uit Babilon te kom

  

"Vlug uit Baḇel, en gaan uit die land van die Chaldeërs. En wees soos ramme voor die trop kleinvee uit!" - Jirmejahu (Jeremia) 50:8

"Vlug uit Baḇel uit, en red elkeen sy lewe. Moenie in haar ongeregtigheid afgesny word nie, want dit is die tyd van wraak vir יהוה (JHWH), die loon wat Hy haar betaal."  – Jirmejahu (Jeremia) 51:6

“Gaan uit Baḇel! Vlug van die Chaldeërs! Verkondig met jubelende stem, laat dit hoor, stuur dit uit tot by die einde van die aarde! Sê: ‘ JHWH het Sy dienaar Jaäkoḇ verlos!’”   - Jeshajahu (Jesaja) 48:20

Kom uit haar uit, My volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie."  - Openbaring 18:4

Ek glo daar is voorwaar mense wat dink ek is stapelgek. ‘n Menigte wat dink ek het nou net mooi alles verloor. Totaal met realiteit ‘n verbreking ondergaan. Die realiteit is egter: “Wanneer ons Hemelse Vader, JHWH, roep!, dan luister jy op aandag!” Jona is ‘n mooi voorbeeld van iemand wat nie wou luister nie. Ek sê nie ‘n vis gaan my insluk nie. Nee, maar die realiteit is dat JHWH al ‘n geruime tyd terug – ongeveer 1997, of selfs vroeër – vir my en my vrou geroep het om uit Babilon (Babel) te kom. Ons het nie regtig geweet wat Vader bedoel het nie. Ons het nie gedink ons is besonder sondig nie. Ons was dan so betrokke by ons gemeente. Sondagskool, Kategese, koor, kampe, jeug, uitreike – noem dit en ons was daar.

Dit het ons ‘n hele ruk geneem om werklik te besef wat Vader bedoel. In Februarie 2000 het Hy vir die soveelste keer vir my gesê om uit Babel te kom en het Hy my ook laat besef dit was waar ek betrokke was: ‘n NG Gemeente. Moenie dink dit was die spesifieke gemeenste alleen nie. Dit was die hele stelsel van die NG Kerk en daarmee saam van die meerderheid Protestantse of Calvinistiese Kerke (moenie dink dat dit beken dat die 'apostoliese kerke reg is nie). Dit het ons nog nie totaal besef nie. Intussen het Vader ons van baie gestroop: Besigheid, duur luukse 4x4, huis, motor, nuwe hoë poste, ens. Sy eerste opdrag: Kom uit Babel, het ons nie volledig uitgevoer nie.

Nou-ja, nadat ons “uit Babel gegaan het”, het die tweede opdrag gekom: “Gaan roep My volk uit Babel!”, “Gaan verkondig vrylating van gevangenes!”, “Bring lig vir dié in duisternis!”. Ja, dit is ‘n groot taak. Wie sal my nou regtig wil glo? Wat beteken dit om uit Babilon te kom?

Babel/Babilon is die sondige waardes en gebruike wat hom by ons aanbidding kom tuis maak het. Verskeie skrywers en navorsers het al baie duidelik aangetoon hoe verskeie van die gebruike binne die “Kerke” vanaf die Roomse Kerk oorgekom het. Hulle het ook aangedui hoe die oorspronklike Babiloniese godsdiens – hoofsaaklik in Sonaanbidding gesetel – die hooftoon binne die Roomse Kerk is. Hulle dui onder andere aan hoe verskeie Babiloniese en ander Europese heidense feeste ‘n Christelike baadjie gekry het om die heidene dan kwansuis nader te trek.

Om dus uit Babilon te kom beteken dus dat ons moet BREEK met al die dinge wat oorgeërf is vanaf Rome. Om daarmee te breek beteken dat ons dit eers moet identifiseer. In hierdie stuk wil ek nie graag elke geïdentifiseerde item behandel nie. Moontlik op een of twee punte liggies ingaan. Ek glo dit sal elke gelowige se plig ook wees om daadwerklik te gaan ondersoek instel. Moenie na die geleerdes gaan nie. Die oudste en aansienlike, dié is die kop, en die profeet wat leuens profeteer, dié is die stert; en die leiers van hierdie volk het verleiers geword, en dié van hulle wat gelei word, is op 'n dwaalweg gebring. (Jes 9:14,15). Die Skrif sê duidelik dat Hy Sy verordeninge op ons harte sal skryf! (Jir 31:33)

Daniël het verskeie eindtyd visioene gesien. Hy was egter beveel om nie alles bekend te maak nie (Dan 12:4). Die Skrif gaan verder en sê dat baie mense sal die Skrifte soek en deursoek, kan ook naspeur of navors wees. Dan sal die kennis vermeerder. Die Gees van die Waarheid (Joh 16:13) sal ons lei en help om hierdie waarhede te ontdek en ons eie te maak. Dit is my opdrag om mense uit te roep. Ek sal egter ook baie inligting verskaf waar ek kan.

Verskeie boeke is beskikbaar, oa.: All Roads lead to Rome, Secret History of Jesuit Priests, Smokescreens, The Two Babylons , A Woman Rides the Beast, Come out of her, my people en Fossilized Customs. Two Babylons is ook beskikbaar om aanlyn te lees of af te laai. Hierdie boeke kan ook vanaf ons bestel word. Andere sal met tyd bygevoeg word.

Wat is dan die items wat reeds geïdentifiseer is:

Ja, my ore tuit. Ek hoor duidelik hoe sommiges wat dink hulle kan sien nog blind is en sommige wat dink hulle kan hoor nog doof is. Hulle skree uit: “Belaglik”. Hulle roep en sê: “Ons is Vry van hierdie dinge”.

 Ja, my liewe vriend of vriendin, onthou asseblief die volgende: 

“... en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep, maar min gekies.” (Matt 20:16)

“Want baie is geroep, maar min gekies.” (Matt 22:14)

 “Nie elkeen wat vir My sê: 'Meester, Meester! sal  in die koninkryk van die hemele gaan nie, maar hy wat die wil  van My Vader doen wat in die hemele is.Baie sal in daardie dag vir My sê: 'Meester, Meester, het ons nie in U Naam geprofeteer en in U Naam demone uitgedryf en in U Naam baie kragte gedoen nie?' En dan sal Ek aan hulle sê: 'Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die wetteloosheid werk!' (Matt 7:21-23)

“Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en in die lig sal kom nie.” (Luk 8:17)

“En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.” (Luk 12:2)

Luister na die Woord van JHWH ons Elohim wanneer Hy sê: “Staan op, word verlig;”  (Jes 60:1). Dit het tyd geword. Kyk ook na die volgende skrifte:

Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde. (Ja'ak 4:17)

"Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie," (Heb 10:26)

Ek wil met NIEMAND argumenteer nie. Ek het ‘n opdrag gekry om uit te voer. Dit is wat ek doen. Dit is nie my plig om enige iemand te oortuig nie. Dit is die Gees van Waarheid wat dit sal doen. Die Waarheid sal julle VRYMAAK! (Joh 8:32). Enige iemand kan met graagte korrespondeer. Persoonlike aanvalle, of allerhande slim praatjies sal egter nie reaksie kry nie.

Ek vertrou dat ons Vader JHWH, en ons Verlosser J’shua deur die werking van hul Gees ook in jou hart sal werk en vir jou ore sal gee wat hoor en oë wat sien!

 

Shalom!

Shemu'el

 


Kopiereg / Copyright  © 2002 - 2010

 Masada (Ware Verbond / True Covenant)

 Gaan uit haar uit / Come out of her

Keer terug na Tora / Return to Torah

Alle regte voorbehou / All rights reserved
Hersien/Revised: 17-08-2010

Werf Kaart / Site Map

gaan uit haar uit my volk,come out of her my people

Web space provided by Afrisys voorsien die Webruimte