Die vis, so word vertel, is in die vroeë
gemeente gebruik as geheime teken om
mekaar uit te ken.
Dit klink nogal oorspronklik. Die vis vir vissers van mense.
In der waarheid is dit eintlik ‘n leuen.
Die vis was wel gebruik as geheime teken, maar deur spioene van die Romeinse
regering om gelowiges van J’shua uit te snuffel.
Inligting in hierdie verband is in oorvloed in die Vatikaan se katakombes, aldus
Dr Alberto Riviera, ‘n voormalige Jesuïtiese priester. Volgens Alberto dui die
geskiedenis boeke aan dat die gelowiges dele uit die Skrif kwoteer het en die
ander moes dit voltooi. Dit was nadat die Romeinse spioene nie hierdie toets kon
slaag nie, dat hulle stelselmatig probeer het om die vis as teken in te bring.
Hulle het wel op plekke geslaag en het sodoende verskeie groepe van gelowiges
van die gemeente van J’shua uitmekaar laat spat en vervolg.
En die
vorste van die Filistyne het vergader om 'n groot offer te bring aan hulle
eloah (god)
Dagon en om vrolik te wees, en hulle het gesê: "Ons eloah het ons vyand Simson in
ons hand gegee."
(Shof
[Rig]16:23)
Dagon
was die groot vis-god van die die Filistyne asook deur die hele Chaldea. Volgens
Alexander Hislop is die Griekse woord ICHTUS (Iesu Chreistus Theou Uios
Sôter) gebruik om J’shua gelyk te stel met Dagon om ‘n sekere groep heidene
gemaklik te laat voel het. Augustinus het dan ook nog verder gegaan om die
suikerpilletjie verder aan te dik en dit as volg verklaar: Iesu Chreistus Theou
Uios Sôter, wat beteken in Afrikaans: Jesus Christus Die Seun van God die
Verlosser. Soos menigmale al gesê: die sianiedpil bly net so giftig met of
sonder die suikeromhulsel. Dit is egter gevaarliker met die omhulsel want dit
word so moeilik herkenbaar. Om hierdie vis-storie nog verder te voer het
Tertullianus J’shua ons Verlosser, ons Vis genoem. Dit is niks minder as laster
nie. Verder is dit duidelik dat Jupiter, ook verteenwoordigend van die songod,
die hoof was van die vis of visse in die diereriem (zodiak).
Wat egter ook uit die geskiedenis kom, is dat een van
Bacchus se name Die Vis was. Bacchus weer, was maar een van die name waaronder
Tammuz, die songod, bekend was.
15“Pas
dan terdeë op – want julle het géén verskyning gesien op die dag dat יהוה [JHWH] by Ḥorěḇ uit
die vuur met julle gepraat het nie –
16 sodat
julle nie verderflik handel deurdat julle vir julle ʼn gesnede beeld, ʼn
gelykenis van enige beeld, maak nie: ʼn afbeelding van man of vrou,
17 ʼn
afbeelding van enige dier wat op die aarde is, ʼn afbeelding van enige
gevleuelde voël wat in die lug vlieg,
18 ʼn
afbeelding van enigiets wat op die aarde kruip, ʼn afbeelding van enige vis
wat in die water onder die aarde is,
19dat
jy ook jou oë nie na die hemel opslaan, en jy die son sien en die maan en
die sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle
neerbuig en hulle dien nie – dinge wat יהוה
jou Elohim aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het.
(Deb[Deut] 4:15-19)
Die Skrif hierbo toon duidelik dat ons
GEEN afbeelding mag maak om ons Elohim mee te dien nie of om die afbeeldings te
aanbid nie. Ons vind ook verskeie ander half-vis half-mens elohim, onder andere:
Ea van Babilonië en Oannes by die Grieke, beide soos die eloah Dagon van Filistea.
Om
nou werklik die kersie op die koek te sit is die feit dat in Egipte en ander
lande, die vis ‘n seksuele en vrugbaarheids betekenis gehad het. Dit
verteenwoordig onder andere ook die vroulike geslagsorgaan. Dus kan ons sê dat
elkeen wat hierdie vis agter op die motor vertoon, in werklikheid heilige of
gewyde vroulike geslagsorgane aan die agterste motoris vertoon. In die
nie-verchristelike lande bestaan die betekenis nog steeds. Die vis is gesien as
heilig vir die groot vroulike eloah (godin), omdat dit haar reproduktiewe organe verteenwoordig.
Die vroulike eloah (godin)? Venus natuurlik. ‘n Vrydag in Italië is Venerdi. Vrydag is ook
vernoem na Frija, die Germaanse vroulike eloah (godin) vir Venus. Die Roomse kerk verplig dus ook
die eet van vis op ‘n Vrydag om hierdie rede.
In menige nie-verchristelike lande word
die vis nog steeds gedra as beskerming teen onvrugbaarheid en die vernuwing van
lewe.
AL gevolgtrekking wat ons hiervan kan
maak is dat die oproep om uit Babilon te kom ook die vis-plakker agter op die
motor insluit. Of dalk is dit ‘n goue hangertjie om die nek. Dit is so dat min
mense dit geweet het. Die feit is egter dat die blindheid van die mens deur
homself vererger word. Maak jou oë en ore oop. Wees bereid om te LUISTER! Luister en sien wat die Gees van
Waarheid ons wil leer. Aanvanklik mag dit moeilik wees, maar die vrede van
J’shua sal van jou besit neem en Sy Gees sal aan jou vrede gee