Tuis-Home
Op-Up

 

Amen?

 

Wat beteken AMEN? Die meeste van ons is deur die jare geleer dit is ‘Laat dit so wees’, ‘Waarlik’ of selfs ‘ Sekerlik’. Die Hebreeuse woord word egter uitgespreek AMEIN, AMYN of eerder OMEIN. Dit is nou foneties. Die klank is ‘ei’ of ‘y’. Die ‘a’ het ‘n ‘ô’ klank. Dit word ook bevestig deur Strong se woordeboek. (543 Hebreeus en 281 Grieks).

Die vraag is nou is dit ‘n fout wat ‘per ongeluk’ ingekom het of was dit ‘n opsetlike misleiding wat oor die eeue kom. Een klein lettertjie verander die klank van ‘n woord en sodoende ook die betekenis daarvan.

Die hoof magtige (god/idool) van Mitsrajim (Egipte) wat ook in Griekeland, Sirië en omgewing aanbid was, was AMEN. Die ensiklopedie 'The Concise Columbia Encyclopedia',  Columbia University Press.  Copyright © 1991 by Columbia University Press, dui dit so aan:

Amon (â´men, ä´-) or Ammon (à´men) or Amen (ä´mèn), ancient Egyptian deity. Originally the chief god of Thebes, Amon grew increasingly important in Egypt, and eventually, as Amon Ra, he was identified with RA as the supreme deity. He was also identified with the Greek ZEUS (the Roman JUPITER). (Ed.: Jupiter or 'Zues-Pater' - 'Zeus our father').

Die werklike uitspraak is hier wel AMEN. Dieselfde kan selfs op die Egiptiese toerisme webblad bevestig word. AMEN-RA, AMEN, AMEN Aanbidding. Amen was die Thebaanse verborge god van die hemel. Volgens Funk & Wagnalls, Standard College Dictionary:

AMEN: In Egiptiese Mitologie, die magtige (god) van lewe en voortplanting ... later met die Songod as die opperste god gelykgestel, en Amen-Ra genoem.

Gedurende die typerk 1550-1070 vM was Amen dan ook die god van die konings in Egipte. Hy het ook saam met sy vrou Mut en hul seun Khonsu die Thebaanse drie-godheid gevorm (dit laat ‘n mens dink aan die leerstelling van ‘n Drie-eenheid).

Dit was egter ook gedurende hierdie typerk wat Israel in slawerny in Mitsrajim (Egipte) was. Gedurende die 400 jaar van slawerny het hulle dan ook in idolatrie (afgodediens) verval wat uit Egipte gekom het. Deel van hul uittog het ook ‘n suiweringsproses van 40 jaar in die woestyn ingesluit. Ons sien ook duidelik dat die Een Elohim, JHWH, vir Jisra’el nie ‘n maklike saak was nie en baie gou het hulle ‘n goue kalf gebou as hul magtige. Op daardie stadium wou JHWH hul uitroei en Moshe tot ‘n nuwe volk bou. Dit is dus nie vergesog om aan te neem dat hulle steeds van kleinighede van Egipte ingedra het nie.

Smith’s Bible Dictionary beskryf Amen as volg:

AMEN: ‘n Egiptiese godheid ... Hy was aanbid ... as Amen-Ra of Amen die Son

Ons weet wel dat die grondwoord a-m-n baie in die Hebreeuse teks en liturgie voorkom. Dit word ook deur Jahushua self gebruik waar dit in die vier boke van die Goeie Nuus meestal vertaal word met ‘Voorwaar’ of ‘Waarlik’ (1933, 53) of ‘Verseker’ (1983). Dus is die kwessie om seker te maak wat en hoe ons dit sê belangrik.

 As ons dink hoe vele mense bid:

‘... en ons vra dit in U Naam, Amen!’

‘... ons loof U Naam, Amen!’

ens.

Dan wonder ons wat het aanleiding gegee tot hierdie wanvertaling. Was dit ‘n fout deur Satan ingeskryf in die vroeë ‘Kerk’ om seker te maak dat die Son-idool aangeroep word.

Ons weet dat dit algemeen gebruik is in Jahudiese aanbidding en Christelike aanbidding. Ons glo egter dat daarop gelet moet word na die korrekte uitspraak. Ons moet dus ook seker maak dan ons nie die idool Amen-Ra aanroep wanneer ons JHWH of Jahushua loof en prys nie.

Daar is voorstanders om die woord Amen heeltemal te verwyder vanweë die kontensieuse oorsprong en onsekerheid van die ooreenkoms tussen die Hebreeuse en Egiptiese grondwoorde wat beide a-m-n is. Daar is ook diegene wat beweer dat die Masoretiese vokaal toevoegings vir ons duidelik wys dat die Hebreeuse woord AMEIN is en dat tesame met onsekerheid die meer waarskynlike naam van die Egiptiese idool AMEN is.

 ‘n Alternatiewe woord, ook direk uit Hebreeus is HALLELUJAH. Hierdie woord beteken ‘Loof Jah (of JHWH)’ of ‘Prys  Jah (of JHWH)’

Indien ons wel van die term ‘ dit is vas’ of ‘laat dit so wees’ gebruik wil maak is die werklike Hebreeuse woord, wat ook deur ons Messias baie gebruik word ‘OMEIN’. Dit sou normaalweg soos AMEN gespel in Afrikaans maar die uitspraak is baie verskillend. Die ‘A’ is meer soos die Engelse ‘AWE’, derhalwe die ‘Ô’. Miskien sou ‘n kappie help. Die ‘E’ het weer ‘n ‘EI’ klank, ÔMEIN.

 “En in alles wat Ek julle gesê het, moet julle jul in ag neem. En die naam van ander gode mag julle nie vermeld nie; dit mag uit jou mond nie gehoor word nie.” (Shem/Exo 23:13)

 “En in dié dag, sê JHWH, sal jy (Sy Bruid) My noem: My man; en jy sal My nie meer noem: My Baäl nie. Dan verwyder Ek die name van die Baäls uit haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie.” (Hos 2:15,16)

(Skriftuurlike klem deur skrywer)

Mag ons Vader JHWH, wat ryk is aan ontferming, goedheid en guns, jou lei in die Waarheid sodat dit jou kan Vrymaak.

 

HALLELUJAH!


Kopiereg / Copyright  © 2002 - 2010

 Masada (Ware Verbond / True Covenant)

 Gaan uit haar uit / Come out of her

Keer terug na Tora / Return to Torah

Alle regte voorbehou / All rights reserved
Hersien/Revised: 17-08-2010

Werf Kaart / Site Map

gaan uit haar uit my volk,come out of her my people

Web space provided by Afrisys voorsien die Webruimte